Thursday, February 25, 2010
21 - Huis bouery
Saturday, February 20, 2010
Tuesday, February 9, 2010
Sunday, January 31, 2010
18 - Marysville
Nog steeds die dag met die visvang. Na die visvang het ons gaan koffie soek in Marysville. Dit was baie besig daar. Daar is al heelwat van die besighede herbou, maar bv die poskantoor is nog in 'n container. Daar is 'n foto van Mark en Garrett waar hulle op 'n fondasie sit wat afgebrand het. Orals staan die swart bome en die rooi en wit tape wat mense herhinner aan die brande.
16 - Visvang (Buxton)
Ons het laas naweek 'n lang naweek gehad - Dinsdag was Australia day - nationale braaivleis dag! Maar ons het gaan visvang by n troutfarm - Garrett het dit sommer 'n tunafarm genoem. Dit het bietjie gestink en Gawie was nie beindruk met die reuk van die aas nie, maar dit het Mark en Garrett min gepla. Mark 3 visse gevang en Garrett 2.
Ons het deur Yarra Glen (waar die tee potte is) en Healsville (die dieretuin) gery. Met die terugkom het ons deur Marysville en weer Kinglake gery. Dit is maar nog baie swart, maar die groen begin nou mooi deurkom.
Saturday, January 30, 2010
15 - Bou (garage mure)
In die heel eerste foto is die garage se mure klaar gebou. Die volgende stap is die frame van die huis (wat die dak balke insluit), dan sit hulle die dak op en daarna word die buite mure met steen gebou. Op die stadium is net die plumbing gedoen. Hulle het Donderdag en Vrydag die frame opgesit. Daar is bietjie probleme met die dak balke, so ons sal maar wag en sien of die dak more opgaan of nie.
Friday, December 25, 2009
12_New Zealand - Vrydag oggend
10_New Zealand - Donderdag (oord)
9_New Zealand - Donderdag (Waihia - by die oord)
Terug by die oord het Mark en Garrett 'n 'buggy' gehuur. Tot Gawie het 'n paar draaie gekry.
Terug by die oord het Mark en Garrett die 'buggy' gehuur - tot Gawie het 'n paar draaie gemaak. Daar was ook 'n 'jumping pillow' iets tussen 'n trampoline en jumping castle - Garrett het geleer om 'n forward flip te maak en Mark het maar net sy gewone tricks gedoen. Daar is 'n foto van die kombuis.
8_New Zealand - Donderdag (nog Waihia)
Vroeg Donderdag oggend na ontbyt in die campervan is ons Waihia toe. Daar is 'n goudmyn wat $13 million se goud 'n week ontgin. Daarna het ons natuurlik gaan koffie drink en bietjie inkopies gedoen. New Zealand is baie nader as suid afrika - die mense daar is meer kreatief as in australia waar mens maar net 'made in china' kry - en daar is baie oulike winkeltjies, ons was maar dom en wou nie veel van die houtgoed koop nie omdat ons deur doeane moes gaan. Maar ek het 'n kans gevat met die skulpe en dit was nie 'n probleem nie. So volgende keer sal ons beter weet - hulle ook ook baie lekker wyn (volgens Gawie).
Subscribe to:
Posts (Atom)