Sunday, January 31, 2010

18 - Marysville























Nog steeds die dag met die visvang. Na die visvang het ons gaan koffie soek in Marysville. Dit was baie besig daar. Daar is al heelwat van die besighede herbou, maar bv die poskantoor is nog in 'n container. Daar is 'n foto van Mark en Garrett waar hulle op 'n fondasie sit wat afgebrand het. Orals staan die swart bome en die rooi en wit tape wat mense herhinner aan die brande.
















17 - Nog visvang by Buxton





















Hier nog fotos - ons is huistoe met omtrent 5 visse. Die vrou by die plek het dit vir ons skoongemaak. Mark het hulle koppe afsny by die huis en ons het vir 2 dae vis geeet.












16 - Visvang (Buxton)

















Ons het laas naweek 'n lang naweek gehad - Dinsdag was Australia day - nationale braaivleis dag! Maar ons het gaan visvang by n troutfarm - Garrett het dit sommer 'n tunafarm genoem. Dit het bietjie gestink en Gawie was nie beindruk met die reuk van die aas nie, maar dit het Mark en Garrett min gepla. Mark 3 visse gevang en Garrett 2.

Ons het deur Yarra Glen (waar die tee potte is) en Healsville (die dieretuin) gery. Met die terugkom het ons deur Marysville en weer Kinglake gery. Dit is maar nog baie swart, maar die groen begin nou mooi deurkom.

Saturday, January 30, 2010

15 - Bou (garage mure)











In die heel eerste foto is die garage se mure klaar gebou. Die volgende stap is die frame van die huis (wat die dak balke insluit), dan sit hulle die dak op en daarna word die buite mure met steen gebou. Op die stadium is net die plumbing gedoen. Hulle het Donderdag en Vrydag die frame opgesit. Daar is bietjie probleme met die dak balke, so ons sal maar wag en sien of die dak more opgaan of nie.

14 - bouery (slab)







Hier is nog net die slab - dis net voor Kersfees gegooi. Mark en Garrett het dit lekker gebruik as skate ramp, krieket pitch. Daar in het hulle al klaar met die garage mure begin.