Friday, December 25, 2009

13_New Zealand - Lughawe











Hier is ons in die vliegtuig - ons het Air NZ gevlieg en dit was baie grand - games vir die kinders, Gawie kon rugby kyk en ek my stories.

12_New Zealand - Vrydag oggend








Dit was die oggend na 2 nagte se slaap in 'n campervan - julle kan sien, dit was toe nou nie meer lekker nie. Hier is ons terug in Auckland . Ons moes die campervan teruggee en het die laaste aand weer naby die lughawe geslaap. Ons moes al 6h00 op die lughawe wees.

11_New Zealand - Donderdag (oord)
















Hier is fotos van die swembad en daar kan julle die campervan sien - ons was lekker naby die swembad en sommer alles.

10_New Zealand - Donderdag (oord)


Hier is 'n foto van die gemeenskaplike kombuis. Almal kook hier, bere hulle kos hier en daar is ook yskaste - kyk net hoe netjies is dit.

9_New Zealand - Donderdag (Waihia - by die oord)





Terug by die oord het Mark en Garrett 'n 'buggy' gehuur. Tot Gawie het 'n paar draaie gekry.





















Terug by die oord het Mark en Garrett die 'buggy' gehuur - tot Gawie het 'n paar draaie gemaak. Daar was ook 'n 'jumping pillow' iets tussen 'n trampoline en jumping castle - Garrett het geleer om 'n forward flip te maak en Mark het maar net sy gewone tricks gedoen. Daar is 'n foto van die kombuis.

8_New Zealand - Donderdag (nog Waihia)











Vroeg Donderdag oggend na ontbyt in die campervan is ons Waihia toe. Daar is 'n goudmyn wat $13 million se goud 'n week ontgin. Daarna het ons natuurlik gaan koffie drink en bietjie inkopies gedoen. New Zealand is baie nader as suid afrika - die mense daar is meer kreatief as in australia waar mens maar net 'made in china' kry - en daar is baie oulike winkeltjies, ons was maar dom en wou nie veel van die houtgoed koop nie omdat ons deur doeane moes gaan. Maar ek het 'n kans gevat met die skulpe en dit was nie 'n probleem nie. So volgende keer sal ons beter weet - hulle ook ook baie lekker wyn (volgens Gawie).

7_New Zealand - Donderdag (Waihia)
















Die campervan was nie sleg nie - ons kon koffie maak, TV kyk(of eintlik net DVD's) en ons het lopende water (koud en warm) gehad.

Die weer was baie lekker - die warmste was 25 deg - die son is glad nie so erg soos hier by ons nie. Die skulp daar is volop - regte krul/ronde skulp le oral op die strand rond. Ons het die oggend vroeg na die dorpie gery, en daarna het Mark en Garrett hulle self op die strand en die oorde geniet. Dit was so na aan die strand dat hulle alleen kon strand toe en die twee oues het in die caravan gesit en koffie drink! Te lekker!

6_New Zealand - Woensdag (Auckland & Waihia)












Woensdag oggend het ons vroeg Auckland toe gegaan om die visas te kry. Daarna het ons die campervan gekry en ons het suid van Auckland gery. Die plek se naam is Waihia. Daar het ons in 'n oord gebly - alhoewel ons 'n toilet en stort in die campervan gehad het, het ons dit nie gebruik nie. Die geriewe was so skoon en netjies, ek het die eerste oggend my skulpies op die gras oopgepak om droog te word, toe ons terugkom 'n paar uur later, was dit weg - hulle het skoongemaak. Die plan was om nog verder suid te ry, maar dit was te veel vir Mark en Garrett en die campervan bestuur ook maar moeilik. Ons het toe maar besluit om vir 2 aande in die oord te bly. Mark en Garrett het dit baie geniet, ons het selfs 'capies' (kleurlinge) daar gekry en kon lekker afrikaans praat.




Saturday, December 19, 2009

5_New Zealand - Dinsdag (Orewa)








Dinsdag het ons weer suid gery. Omdat ons by die ambassade moes wees Woensdag wou ons naby Auckland slaap. Orewa is omtrent 40 km van Auckland af. Dit was baie winderig en koud daar. Ek het darem langs die strand gaan stap en die mooiste skulpe opgetel met blou strepe in die skulp. En die hartseer van die storie is dat toe ek dit uitsit die dag daarna het die skoonmakers die weggegooi. Die skulpe is so vollop, hulle gooi dit as klippies in hulle tuine.

4_New Zealand - Maandag (Paihia)


































Na Kerikeri is ons terug Paihia toe. Daar het die manne bietjie gaan kayak. Hulle het reg rondom die eiland geroei daar in die eerste foto. Daar was outjies wat hulle visstokke in 'n bootjie gepak het en na een van die eilande toe gegaan het vir die nag om vis te vang.



Thursday, December 17, 2009

3_New Zealand - Maandag in Kerikeri





















Na die park het ons noord gegaan na Paihia - omtrent 100 kom noord van Auckland. Dis deel van die "Bay of Islands". Oppad soontoe het ons koffie gedrink by die Woolshed - kyk bietjie daar is pienk skape. Ons het daar vir 2 aande geslaap en Maandag het ons nog verder noord gery na Kerkeri - kyk bietjie hoe shop die manne!

2_New Zealand - Dag 1 Auckland





















Ons het bietjie laat geslaap Sondag oggend, 'n kar (en GPS) gekry en die pad gevat. Heel eerste was ons by Cornwall Park - dis 'n groot park in die middel van Auckland en die skape was daar. Daar was baie mense wat piekniek gehou het onder die bome. As julle mooi kyk kan mens die see in die verte sien.

1_New Zealand - aankoms




















Ons was maar almal moeg na die vlug - het 12h00 die nag in Auckland aangekom - kyk hoe moeg lyk ons.... en Gawie soek vervoer